Hoop julle het 'n fantastiese naweek so ver gehad!! Ek was die naweek by die Yeouido Cherry Blossom Festival! Gelukkig was ek teen Saterdag oggend 'n nuwe mens met al die medisyne wat die dokter voorgeskryf het, want die fees was definitief nie iets om mis te loop nie...
Dit was mal...daar was soveel mense!! En soveel vreemde mense!!!
Verskeie mense het na ons toe gekom en super entoesiasties gese : Hello!!!!!! Nice to meet you!!!! Asof hulle daai sinnetjie maande oefen met die hoop om dit om iemand te kan gebruik!
Ons is ook verkeie kere voorgekeer en gevra vir foto's...soos random mense soek foto's van ons of saam ons. Ons is voorgekeer en gevra of iemand ons kan interview en op kamera kan vas le vir een of ander universiteits dokumenter, ons is seker meer as 10 keer gevra : Where are you from? En almal aanvaar die antwoord "from America", maar "from South Africa" het hulle super verwar! "Africa? You are from Africa?" was die mees algemene response!
Maar dit was 'n wonderlike dag! Yeouido eiland is die besigheid en finansiele "mekka" van Seoul! Dit is 'n klein eiland wat gesplit is van die res van die hoofstad deur die Hangnang rivier! Die cherry blossom blome is al langs die hoofpad, parallel met die rivier...'n ongelooflike mooi uitsig, wat ek ongelukkig nie met my fotografie vaardighede kon vasle op 'n manier wat die effek en atmosfeer oordra nie!
Alles is so kleur vol, so intens kleur vol dat dit vals lyk! Daar was orals skakerings van rooi, groen, pers, geel, alles geraam met die sagte pienk cherry blossom bome!! Ongelooflik!
Die cherry blossom bome is teen die rivier park...'n ontspannings area waar mense kan fietsry of stap of piekniek hou of kamp teen die wal van die rivier...met die ongelooflike cherry trees en Yeouido eiland view aan jou een kant en die water massa met die hoofstad aan die ander kant!
My kinders doen "oral test" die week...hopelik kom almal deur!! Daar is ook twee stout boeties in my klas...een in gr 1 en een in gr 3...hulle is onmoontlik! Ek het net vir 'n oomblik gehoop ek het hulle dalk aangesteek met my opgooi siekte...dat hulle ook so bietjie kan saffer soos hulle my laat saffer!! Haha...maar darem net vir 'n oomblik!
Ek geniet die skool gee verskriklik baie...al is die kinders stout! Die les beplanning en uiteensetting en voorbereiding en toets opstel en merk ensovoorts pas my semi obsessiewe-kompulsiewe persoonlikheid perfek! Ek sing elke dag saam die kleintjies...daar was darem nog nie weer 'n ore toe druk geval nie! En ek spring rond soos 'n mal mens...of tegnies 'n haas...of 'n kangaroo, ek klim op my stoel en onder my tafel om te verduidelik wat op en onder beteken, en ek as die kinders in Koreaans begin praat, praat ek in Afrikaans, tot hulle so verward is dat almal na my staar, in stilte, en dan kan ons aangaan met ons werk!!
Ek love dit!!
En vat die tyd om te hop soos 'n hasie, en vlieg soos 'n voel...dis terapeuties!!
Adri*